Skip to content

Argeoloë vind sirkel nes Stonehenge in Denemarke

# Deense argeoloë het op ‘n vier-duisend-jaar-oue sirkel met houtstapels afgekom wat hulle vermoed met die wêreldberoende Stonehenge in Brittanje verbind kan word. Die 45 stukke hout uit die Nuwe Steentydperk is in ʼn sirkel met ‘n deursnee van 30-meter gerangskik. Dis ontdek tydens bouwerk aan ʼn behuisingsprojek in Aars in die noordweste. Die twee klip-sirkels by Stonehenge in die suide van Engeland is vermoedelik tussen drie-duisend-100- en duisend-600-jaar voor Christus opgerig. Deense argeoloë probeer nou bepaal of daar ‘n binnekring op die terrein in Aars is.