Skip to content

ArcelorMittal SA bevestig die sluiting van sy langstaalbedrywighede teen einde September

# Suid-Afrika se staalreus ArcelorMittal sal na verwagting teen die einde van hierdie maand die sluiting van sy lang staalbesigheid afhandel. Die sluiting sal drie-duisend-500 werkers in Newcastle in KwaZulu-Natal, Vereeniging in Gauteng, en die spoorweg- en strukturele eenheid raak. Pogings om die besigheid te red, insluitend regeringsondersteuning, het misluk. Die uitvoerende hoof, Kobus Verster, blameer voortdurende verliese, hoë elektrisiteits- en spoorwegkoste en goedkoop invoere. Die maatskappy het meer as een-miljard-rand in die eerste helfte van hierdie jaar verloor en beplan om nie-kernbates te verkoop om op sy hoofstaalbesigheid te fokus.