Skip to content

Antarktika se oudste ys kom in Engeland aan vir ontleding oor klimaatsverskuiwings

# Antartika se oudste ys het in Brittanje aangekom vir ontleding wat wetenskaplikes hoop sal meer onthul oor die aarde se klimaatsveranderinge. Die yskerns sal by die Britse Antarktiese Opname in Cambridge ontleed word, met die uiteindelike doel om tot 1,5-miljoen-jaar van die aarde se klimaatgeskiedenis te rekonstrueer. Die silindriese buise is uit dieptes van tot twee-duisend-800-meter herwin. Daar word verwag dat die navorsing waardevolle insig kan lewer om toekomstige klimmaatverandering to voorspel. Navorsers hoop om voorspellings te verbeter oor hoe die klimaat sal reageer op toekomstige toenames in kweekhuisgasse.