Skip to content

Angélique Kidjo word die eerste swart Afrika-kunstenaar wat met ‘n Hollywood-ster vereer word

# Die Beninese musiekikoon Angélique Kidjo het geskiedenis gemaak as die eerste Afrika-musikant en eerste swart kunstenaar uit Afrika wat ‘n ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang het. Die vyfmalige Grammy-wenner is in Los Angeles vereer. Dit is ‘n mylpaal in haar loopbaan van meer as vier dekades. Kidjo se ster is die tweeduisend-854ste in die opnamekategorie. Die sangeres, aktrise en aktivis het gehelp om Afrika-musiek na wêreldwye gehore te neem, terwyl sy generasies van jonger Afrika-kunstenaars geïnspireer het. Sy sê Afrika bly die kern van alle musiek in die wêreld.