Skip to content

ANC herdenk vandag die lewe en nalatenskap van Oliver Tambo

# Die ANC herdenk vandag die lewe en nalatenskap van die struggle-ikoon en gewese partypresident, wyle Oliver Tambo. Hy was drie dekades lank die ANC-president in ballingskap, en het ʼn belangrike rol gespeel om internasionale steun teen apartheid te kry. Die geleentheid vind in Ekurhuleni plaas en sluit ʼn kransleggingseremonie in terwyl adjunkpresident Paul Mashatile die 2025 O.R. Tambo-gedenklesing sal lewer. Die lesing se tema is: Die bevestiging van ons stryd se morele kompas: eenheid, integriteit en hernuwing.