# Die ANC in Johannesburg het kommer uitgespreek oor die bevestigde Hantavirus-geval in die metro. ‘n Britse burger ontvang tans behandeling in ‘n privaat hospitaal in Sandton vir die seldsame maar dodelike siekte. Hy is een van vyf vermeende gevalle wat gekoppel is aan ‘n uitbreking op ‘n Nederlandse passasierskip waartydens drie mense dood is. Die ANC sê Suid-Afrika het beperkte geskiedkundige blootstelling aan die virus en daarom noodsaak die teenwoordigheid van ‘n bevestigde geval die hoogste vlak van voorsorgmaatreëls en vasgestelde belyning.
ANC eis ‘n verduideliking oor die Hantavirus-pasiënt in Johannesburg