Skip to content

Amnestie Internasionaal sê regering laat miljoene in plakkerskampe wat deur oorstromings geraak word in die steek

# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika beskuldig die regering dat hy vyf-miljoen mense wat in plakkerskampe woon, in die steek laat. Baie van hulle woon op grond wat gereeld oorstroom word. Die organisasie ondersoek in sy jongste verslag, Flooded and Forgotten: Informal Settlements and the Right to Housing in South Africa, die voorkoms en uitwerking van oorstromings op inwoners van informele nedersettings, spesifiek in Johannesburg, eThekwini en Kaapstad. Amnestie Internasionaal Suid-Afrika se uitvoerende direkteur, Shenilla Mohamed, sê die regering moet voorkeur gee aan die opgradering van plakkerskampe en ramprisikobestuur by stadsbeplanning insluit.