Skip to content

Amerikaanse beïnvloeder kry wind van voor na sy baba- buidelmuis van sy ma wegneem

# Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het ook ‘n Amerikaanse beïnvloeder gekritiseer oor ‘n video waarin sy ‘n wilde buidelmuis van sy beangste ma afneem. Die video het bewaringsdeskundiges ontstel. Albanese het voorgestel Sam Jones moet dit probeer met ‘n dier soos ‘n krokodil wat hulself kan verdedig. Sy is verfilm toe sy die klein diertjie wegneem terwyl die ma agterna hardloop. Buidelmuise is ‘n beskermde spesie in Australië. Babas het ‘n sterk verbintenis met hulle ma’s en enige verwydering kan spanning veroorsaak en die diertjie seermaak.