# Airlink gaan op 15 November ‘n nuwe geskeduleerde diens tussen die Lanseria Internasionale Lughawe en Harare in Zimbabwe van stapel stuur. Die lugredery sê vlugte sal drie keer per week met Embraer E190-vliegtuie bedryf word. Die uitvoerende hoof, De Villiers Engelbrecht, sê dit sal passasiers in Lanseria se opvangsgebied beter bedien en bestaande dienste op OR Tambo aanvul. Airlink sê die roete tussen Johannesburg en Harare bly een van Suider-Afrika se besigste, met ‘n sterk vraag van sakereisigers en vakansiegangers.
Airlink stel vlugte tussen Lanseria en Harare bekend