Skip to content

Afrika-universiteite genooi om nuwe raamwerk te skep om uitnemendheid te meet

# Die Universiteit van Kaapstad het saam met Applied Higher Education die Afrika-ranglysinisiatief begin, wat daarop gemik is om ‘n Afrika-geleide raamwerk te skep om universiteitsuitnemendheid te meet. Universiteite regoor die vasteland is genooi om later hierdie maand die inisiatief te help vorm tydens ‘n konferensie in Kaapstad. Mosa Moshabela van die universiteit sê die projek is nie bedoel om wêreldwye ranglyste te vervang nie, maar om te verseker dat Afrika-prioriteite en -perspektiewe weerspieël word in hoe hoër onderwysuitnemendheid gemeet word.