# AfriForum vra die minister van Landbou, John Steenhuisen, om sy belofte aan die Amerikaanse president, Donald Trump, na te kom om voorkeur te gee aan die voorkoming van plaasaanvalle. Die burgerregtegroep sê Steenhuisen se opmerkings aan Trump, wat plaasaanvalle en veediefstal tot voorkeur-misdade verklaar, moet deur dringende optrede opgevolg word. Jacques Broodryk van AfriForum waarsku dat versuim om dit te doen neerkom op ernstige wanvoorstelling. Hy dring daarop aan dat landelike misdade, insluitend renosterstropery, dieselfde aandag geniet as ander voorkeurmisdade:
AfriForum vra dat Steenhuisen sy belofte aan Trump oor plaasaanvalle nakom [KLANK]
AFR-BroodrykOnSteenhuisen