# AfriForum sê die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, vererger diplomatieke spanning met Amerika en bevorder rassisme. Die organisasie het Mbalula veroordeel omdat hy Afrikaner-vlugtelinge in die VSA op ‘n nuuskonferensie karwagte en moordenaars genoem het. AfriForum beskuldig Mbalula daarvan dat hy die verhouding tussen Amerika en Suid-Afrika vererger deur die Amerikaanse regering as imperialiste te beskryf. Ernst van Zyl van AfriForum sê die kommentaar is verdelend en beskadig maatskaplike samehorigheid:
AfriForum veroordeel Mbalula se aanval op Afrikaner-vlugtelinge [KLANK]
AFR ErnstOnOffensiveRemarks