# AfriForum sal vandag ‘n volledige funksionele rybewyskaartdrukker voor die hoofkantoor van die Departement van Vervoer in Pretoria demonstreer. Dit volg te midde van ‘n reuse-agterstand na jare se beloftes oor ‘n nuwe drukker. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy is uitgenooi om die demonstrasie by te woon. Louis Boshoff van AfriForum sê die departement se tenderproses, waarin die buitelandse firma, Idemia as voorkeurbiër aangedui word, is gestop na bewerings van onreëlmatighede, wat die vertragings vererger het. Hy beweer plaaslike voorsieners het reeds aan die sekuriteitstandaarde voldoen.
AfriForum demonstreer vandag ‘n lisensiekaartdrukker by Departement Vervoer se hoofkantoor