Skip to content

ADvTech verkry privaatskool in Nairobi vir R172-miljoen

# Suid-Afrika se voorste privaat onderwysverskaffer, AdvTech, het die Regis Runda Academy in Nairobi vir sowat 172-miljoen-rand verkry vir die uitbreiding van sy Makini Schools-voetspoor in Kenia se vinnig groeiende onderwyssektor. Die skool, in die Ridgeways-omgewing noordoos van Nairobi, sal na die Makini School Runda herbenoem word. Dié verkryging volg op ADvTech se onlangse uitbreiding na twee ander Afrika-lande. Die groep het in November 2024 die Flipper International School in Addis Abeba, Ethiopië, verkry en in Junie vanjaar het hy Rosebank International University College in Accra, die hoofstad van Ghana, van stapel gestuur.