# Unilever is aangesê om die verpakking van sy Sunlight Platinum-skottelgoedwasmiddel te verander nadat die Advertensie-reguleringsraad bevind het sy bemarkings-bewerings is misleidend. Die voorkant van die bottel adverteer ‘n 100-persent plantgebaseerde formule. ‘n Verbruikersklag het egter onthul daar staan agterop in kleinletters dat ander nie-plantgebaseerde bestanddele ingesluit is. Die onderneming voer aan die voorkant verwys na ‘n 100-persent natuurlike aktiewe oppervlakstof. Die raad het egter beslis ‘n gemiddelde verbruiker sou aanvaar die produk as geheel is 100-persent plantgebaseerd.
Advertensiereguleringsraad gelas Unilever om bewering oor skottelgoedwasmiddel te onttrek