Skip to content

Adjunkminister van Elektrisiteit sê hernubare energie is deurslaggewende geleentheid vir Afrika se her-industrialisasie [KLANK]

# Die adjunkminister van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham-Maré, sê die hernubare energiebedryf bied ‘n deurslaggewende geleentheid vir Afrikalande om hul enorme hulpbronne te benut om te herindustrialiseer en waardige werksgeleenthede te skep. Die vasteland besit 60-persent van die wêreld se beste sonkragbronne, reuse-windpotensiaal en baie van die noodsaaklike minerale wat die wêreld se skoon energie-ekonomie ondersteun. Graham-Maré sê gesamentlike ontwikkeling van tegnologie, die vermindering van risiko’s in beleggingskapitaal en openbare-privaat-vennootskappe is ook die sleutel tot Afrika se herindustrialisering van hernubare energie:

AFR Graham-MaréonRenewableEnergy