# Vanjaar se sterbelaaide konsert word vandag by die Etihad Arena in Abu Dhabi gehou om Internasionale Jazz-dag te vier. Die dag vereer onder meer jazz-musiek se mag om mense byeen te bring. Dit vier jazz ook as ʼn kragtige instrument vir onderwys, kommunikasie en maatskaplike verandering. Van die sterre wat optree, sluit in die sangers Dee Dee Bridgewater, José James en Kurt Elling, en basspelers Marcus Miller en Linda May Han Oh.
Abu Dhabi bied vanjaar se Internasionale Jazz-dag-konsert aan