# Warner Brothers se kindervriendelike rolprent, A Minecraft Movie, was in sy openingsnaweek die wêreld se grootste lokettreffer. Die rolprent met sterre soos Jason Momoa, Jack Black en Jennifer Coolidge, is gegrond op Mojang Studios se gelyknamige videospeletjie. Dit gaan oor vier wanaangepaste karakters wat skielik in ‘n misterieuse portaal ingetrek word na ‘n bisarre wonderlandskap wat op verbeelding floreer. Jason Statham se aksieriller, A Working Man is tweede en Fathom Entertainment se The Chosen Last Supper – Part 2 is steeds in derde plek.
A Minecraft Movie is ‘n wêreld-lokettreffer