Skip to content

Regering verwelkom Fitch se besluit oor Suid-Afrika se langtermyn-kredietgraderings

# Die Regering het Fitch se besluit verwelkom oor die opgradering van Suid-Afrika se langtermyn-kredietgradering vir buitelandse sowel as die plaaslike geldeenhede van ‘BB-minus’ tot ‘BB’, en om sy stabiele vooruitskouing te behou. Volgens Fitch weerspieël die opgradering Suid-Afrika se rekord van omsigtige fiskale bestuur en sy vordering met fiskale konsolidasie, ondanks swak ekonomiese groei en binnelandse sowel as eksterne skokke. Fitch sê dit laat die verhouding tussen die regering se skuld en die bruto binnelands produk heelwat laer as in 2020 toe hy tot ‘BB-minus” afgegradeer is. Die Regering sê dit is Suid-Afrika se eerste opgradering deur Fitch in byna 21 jaar.