Skip to content

Saai beskuldig minister van Landbou van wanvoorstelling van hofuitspraak oor bek-en-klouseer [KLANK]

# Die Suider-Afrikaanse Landbou-inisiatief sê die minister van Landbou, John Steenhuisen, stel ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat privaat inenting teen bek-en-klouseer toelaat, verkeerd voor. Die organisasie beskuldig Steenhuisen hy skep verwarring en vertraag samewerking tydens ‘n veesiektekrisis. Die hof het bevind daar is geen wettige verbod op boere en privaat eienaars wat entstowwe toedien nie. Die uitvoerende hoof van Saai, Francois Rossouw, het die regering aangespoor om die privaat sektor toe te laat om die uitbreking te help bestry:

ENG RossouwOnMisrepresention