# Willem Els van die Instituut vir Sekerheidstudies sê verlede week se twee bomontploffings by Woolworths-winkels in Gauteng en die Vrystaat beklemtoon breër kommer oor georganiseerde misdaad en afpersing in Suid-Afrika. Die eerste ontploffing het Donderdag by Woolworths se tak in Menlynpark in Pretoria plaasgevind. Die tweede was minder as 24-uur later by die Preller Square-tak in Bloemfontein. Die Valke ondersoek die voorvalle. Els sê dis te vroeg om die motief te bepaal en wie agter die aanvalle was, maar terreur kan nog nie uitgesluit word nie.
Kenner verbind ontploffings by Woolworths met afpersing, maar terrorisme is nie uitgesluit nie