# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê ʼn reuse-dwelmklopjag by die Beitbrug-grenspos in Limpopo is een van die betekenisvolste suksesse teen oorgrens-dwelmsmokkelary die afgelope jare. ʼn Vragmotor van Zimbabwe is gister onderskep met dwelms ter waarde van byna een-miljard-rand wat vermoedelik vir die vervaardiging van Mandrax gebruik word. Schreiber sê die operasie bewys die doeltreffendheid van die gebruik van intelligensie en tegnologie om die landsgrense te beveilig en op onwettige aktiwiteite toe te slaan.
Minister Schreiber prys beslaglegging op dwelms van R1-miljard by Beitbrug-grenspos