Skip to content

Minister Steenhuisen sê provinsies moet vinniger inent aangesien meer bek-en-klouseer-entstof in Suid-Afrika aangekom het [KLANK]

# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, doen ʼn beroep op alle provinsiale departemente om in die komende weke soveel diere as moontlik in te ent. Dit volg nadat die eerste besending van 3,5-miljoen-dosisse entstowwe van Biogénesis Bagó in die land aangekom het. Dis die grootste enkele besending bek-en-klouseer-entstowwe wat Suid-Afrika nóg ingevoer het. Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê om die siekte te oorwin, vereis ʼn verenigde nasionale poging deur die regering, die bedryf en landbougemeenskappe:

AFR WykOnFMDVaccines