# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, sê daar is nie langer wegkomkans vir stropers nie. Dit volg na twee operasies die week in die Wes-Kaap, waartydens 500-kilogram perlemoen, ter waarde van ongeveer 900-duisend-rand, tydens klopjagte in Simonstad en Grabouw gekonfiskeer en verskeie mense aangekeer is. Aucamp waarsku pogings om die land se mariene hulpbronne te beskerm duur voort, en stropers sal met die volle mag van die wet te doen kry:
Minister Willie Aucamp waarsku daar nie wegkomkans vir stropersindikate ná kusklopjagte [KLANK]
AFR AucampOnPoachers