Skip to content

Solidariteit sê regering moet Amerikaanse vredesgebaar ernstig opneem na verlenging van AGOA

# Solidariteit sê met Amerika se verlenging van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika moet die regering die spreekwoordelike olyftak van Washington aangryp. President Donald Trump van Amerika het ʼn proklamasie uitgevaardig dat die belastingvrye toegewing onder die AGOA-ooreenkoms aan lande suid van die Sahara, tot 31 Desember vanjaar verleng word. Solidariteit sê die regering moet seker maak sy verhouding met een van sy belangrikste handelsvennote word nie verswak deur onnodige beleidsbesluite of diplomatieke spanning nie. Hy sê AGOA bied aansienlike voordele vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.