Skip to content

Universiteit Kaapstad ondersteun Tesourie-planne om 20% belasting op aanlyn weddenskappe te hef

# Akademici aan die Universiteit van Kaapstad ondersteun die Nasionale Tesourie se plan om ‘n belasting van 20-persent op aanlyn weddenskappe in te stel om dobbelary en die sosiale skade daarvan te verminder. Volgens navorsers het dobbelary baie vinnig in Suid-Afrika toegeneem, met ongeveer 1,5-duisend-miljard-rand wat in die 2024/2025-boekjaar gewed is. Hulle waarsku dobbelary word toenemend gekoppel aan finansiële en maatskaplike probleme. Corné van Walbeek van die universiteit stel voor die belasting moet op kleinhandel-weddenskappe van toepassing wees om te verhoed dat mense van platform verander.