# Die Nasionale Raad van Dierebeskermings-verenigings verwelkom die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Vereniging se standpuntverklaring wat die uitvoer van lewende diere per see vir slagting teenstaan. Woordvoerder Samanta Stelli sê die praktyk is inherent wreed en kan nie deur regulering menslik gemaak word nie, en verwys na gevare soos hittespanning, siektes en inperking. Sy sê die Departement van Landbou se konsepregulasies is onvoldoende en word nie behoorlik afgedwing nie. Stelli bepleit ‘n einde aan hierdie beleid in Suid-Afrika.
NDBV vra beëindiging van die verskeping van lewende hawe