Skip to content

Trump-administrasie stel voor om vlugtelingtoelatings vir wit Afrikaners van Suid-Afrika te verhoog

# Die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie beplan volgens berigte om die vlugtelingtoelatingsperk vir wit Afrikaners van Suid-Afrika tot 17-duisend-500 vir die 2026-boekjaar te verhoog. Trump het herhaaldelik gesê meer Afrikaners kan vlugtelingstatus verkry omdat ‘n volksmoord na bewering in Suid-Afrika plaasvind. Hy het ook beweer wit boere word wreedaardig vermoor en hul grond word gevat. Die regering ontken die bewerings. Amerika het ongeveer vier-duisend-500 Suid-Afrikaners as vlugtelinge toegelaat in die eerste ses maande van die boekjaar.