# Volgens die Sentrale Energiefonds se middelmaand-data sal dieselpryse na verwagting in Junie daal, wat verligting aan boere, logistieke ondernemings en motoriste sal bied. Petrolpryse sal na verwagting met tussen 13- en 19-sent per liter styg, terwyl diesel met tussen drie-rand-52-sent en vier-rand-41-sent per liter kan daal. Finale brandstofprysaanpassings sal aan die einde van dié maand aangekondig word en hang af van wêreldoliepryse, wisselkoerse en plaaslike brandstofheffings.
Dieselpryse sal na verwagting in Junie daal, maar petrol sal waarskynlik styg