Skip to content

Ontwortelde bome ontwrig verkeer en dienste in George

# ‘n Sterk wind en ontwortelde bome veroorsaak wydverspreide ontwrigting in George in die Wes-Kaap. Verskeie paaie is steeds gesluit, insluitend die Outeniqua-pas, die Step Aside-pad en dele van die R404 naby Blanco. Noodspanne ruim tans gebiede op. Die motorvoertuig-registrasiekantoor in Blanco is gesluit en dienste word herlei. Sterk wind het volgens berigte ‘n deel van die Laerskool George Suid se saal-dak afgewaai. Inwoners word versoek om binne te bly, ritte te vermy en amptelike bywerkings te volg.