# Rise Mzansi sê die finansiële krisis van die Stad Johannesburg plaas bykans ses-miljoen inwoners in gevaar. Die party het reageer op die waarskuwing van minister van Finansies, Enoch Godongwana, oor ernstige finansiële nood in die munisipaliteit. Dit sluit in die onbefondsde begroting, ‘n groot kontanttekort en beweerde onwettige finansiële verpligtinge. Makashule Gana van Rise Mzansi sê die situasie kan daartoe lei dat die Nasionale Tesourie befondsing vries, terwyl dienste soos water, vullisverwydering en padinstandhouding steeds agteruitgaan: