# FlySafair vier sy 12de verjaarsdag met sy jaarlikse kaartjie-uitverkoping. Van negeuur vanoggend af gaan die lugredery 50-duisend enkelrigting-kaartjies vir sy binnelandse netwerk op sy webwerf vrystel teen 12-rand elk. Gegewe die huidige styging in stralerbrandstofpryse as gevolg van die Midde-Oosterse konflik, sal lughawebelasting en toepaslike brandstofheffings by die basisprys gevoeg word. FlySafair sê soos met vorige verkope, sal daar ‘n “wagkamer” wees om ‘n billike verkoopservaring vir kliënte te verseker.
FlySafair se R12-verjaardagkaartjie is terug