# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het oranje vlak 6- en 4-waarskuwings uitgereik vir dele van die Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat die langnaweek. Swaar reënval van tot 90-millimeter word binne 24-uur verwag, saam met sterk, skadelike wind en die moontlikheid van oorstromings. Die Weerdiens se woordvoerder, Tokelo Chiloane, sê diegene in die binneland moet ook op hulle hoede wees. Inwoners word versoek om voorsorgmaatreëls te tref in reeds nat gebiede, met baie koue toestande wat verwag word.
Waarskuwing uitgereik vir gure weer oor dele van die land die naweek