Skip to content

SAMWU vra werkers om Werkersdagvierings by te woon

# Die munisipale vakbond SAMWU versoek alle munisipale en watersektorwerkers, hul gesinne en die breër werkersklas om deel te neem aan môre se Werkersdagherdenkings wat sy federasie, COSATU, gereël het. SAMWU sê hul sal die kamerade se nagedagtenis vereer wat in die tragiese busongeluk in 2003 gesterf het toe hul op pad was na Werkersdagvierings in QwaQwa in die Vrystaat. Die vakbond sê hul opoffering versterk die vasberadenheid om die stryd vir werkers se regte voort te sit.