Skip to content

NUM sê hy gaan aanspreeklikheid vir mynsterftes met regsoptrede afdwing

# Die mynwerkersvakbond N-U-M sê hy gaan die regsroete volg om seker te maak die Nasionale Vervolgingsgesag reageer op bevindings oor mynsterftes. Die Suid-Afrikaanse mynbedryf het verlede jaar 41 sterftes aangeteken, wat die laagste op rekord is. In ʼn groot tragedie wat vanjaar plaasgevind het, het ʼn modderstorting in die Ekapa-diamantmyn in Kimberley vyf mynwerkers se lewens geëis. N-U-M sê alle bevindings en aanbevelings oor veiligheid wat uit Artikel 72-navrae spruit, moet onmiddellik ingestel word om die herhaling van sulke tragedies te voorkom.