# ‘n Studie dui kommer aan oor die toenemende gebruik van e-sigarette onder Suid-Afrikaanse hoërskool-leerders. Navorsing, gelei deur professor Richard Van Zyl-Smith van die Universiteit van Kaapstad, toon e‑sigarette is nou die algemeenste inasemings-middel onder leerders. Die studie verbind ook e-sigaret-patrone met die gebruik van tabak en dagga, wat vrese oor vroeë nikotienverslawing en langtermyn-gesondheidsgevare laat ontstaan. Van Zyl-Smith beklemtoon sterker regulering en bewusmakingsveldtogte word dringend benodig om jongmense teen afhanklikheid te beskerm.
Studie toon leerders wat toenemend damprook wek kommer oor gesondheid