Skip to content

Legendariese aktrise Cynthia Shange ter ruste gelê in KwaZulu-Natal

# Die veteraan-aktrise en voormalige skoonheidskoningin, Cynthia Shange, word vanoggend ter ruste gelê in Empangeni, KwaZulu-Natal. Die 76-jarige is Maandag in ‘n hospitaal in KwaZulu-Natal na ‘n siekbed oorlede. Shange het geskiedenis gemaak as die eerste swart Suid-Afrikaner wat in 1972 aan die Mej. Wêreld-kompetisie deelgeneem het. Shange het in die 1975-fliek, Udeliwe, gespeel, Suid-Afrika se eerste speelfilm met ‘n geheel en al swart rolverdeling. Sy was wyd bekend vir ander rolle in Muvhango en Shaka Zulu. Sy het verskeie lewensprestasie-toekennings ontvang en word oorleef deur haar dogter, Nonhle Thema.