# Die geskorste adjunkhoof van die Tshwane-metropolisie, Umashi Dhlamini, het aan die Madlanga-kommissie verduidelik dat die EFF-leier Julius Malema nie betrokke was by enige sekuriteitstenderlys vir teen-grondbesettingsoperasies nie. Dhlamini het aan die getuienisleier, Matthew Chaskalson, gesê twee individue het beweer dat hulle Malema verteenwoordig en het met die stad se hoof finansiële beampte, Gareth Mnisi, vergader om druk uit te oefen dat spesifieke maatskappye kontrakte moet kry. Hy sê die bewerings oor Malema is misleidend:
Malema vrygespreek van Tshwane metropolisie-tenderlysaantygings [KLANK]
ENG-Dlamini-ChaskalsonOnMalema