Skip to content

Puglia se burrata-kaas gekroon as SA se Suiwelproduk van die Jaar

# ‘n Handgemaakte burrata van Puglia-kaas in Somerset-Wes in die Wes-Kaap is op die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe in die Paarl aangewys as Suid-Afrika se Suiwelproduk van die Jaar. Die kaas van 100-persent Suid-Afrikaanse beesmelk is uit meer as duisend ander inskrywings deur 81 produsente gekroon. Die beoordelaars het die wenkaas vir sy gehalte en egtheid geprys. Die stigters van die Puglia-handelsmerk, Davide en Ursula Ostuni, sê die toekenning is ‘n erkenning van hul jarelange vakmanskap en toewyding tot tradisionele kaasmaak.