# ‘n Reuters/Ipsos-peiling het bevind dat ‘n besliste meerderheid Amerikaners president Donald Trump die skuld gee vir die stygende brandstofpryse, wat sy Republikeinse Party onder druk plaas voor November se middeltermynverkiesing. Sowat 77-persent van geregistreerde kiesers in die peiling sê Trump dra ten minste ‘n redelike mate van verantwoordelikheid vir die prysstygings weens sy besluit om ‘n oorlog teen Iran te begin. Vyf-en-vyftig persent van Republikeinse kiesers, 95-persent van Demokrate en 82-persent van onafhanklikes het Trump die skuld gegee vir die hoër koste.
Peiling bevind Amerikaners gee Trump die skuld vir brandstofprysstygings