# Suid-Afrika se petrochemiese maatskappy, Sasol, het ʼn volhoubaarheid-sertifikaat van die voorste Duitse agentskap vir tegniese inspeksie, TÜV SÜD, (spreek uit: “toof zood”) ontvang vir sy volhoubare stralerbrandstof. Die sertifisering maak toekomstige uitvoere na die Europese Unie moontlik. Die brandstof word by Sasol se Natref-raffinadery in Sasolburg in die Vrystaat vervaardig van gebruikte kook- en groente-olie. Sasol beplan om teen 2030 100-miljoen liter te lewer. Die stap ondersteun doelwitte vir skoner energie, maar ontleders waarsku die Europese mark is mededingend en sertifisering bly ʼn uitdaging.
Sasol bekom sertifisering vir volhoubare stralerbrandstof