# Die geskorste inspekteur van die Tshwane-metropolisie, Lebogang Phiri, het aan die Madlanga-kommissie gesê misdaadsindikate het doelbewus waterinfrastruktuur beskadig om voorsiening in Tshwane te ontwrig. Hy beweer onwettige watertenkwa-operateurs onttrek water uit munisipale brandkrane en verkoop dit nadat reservoirs beskadig is. Phiri sê hy het die ontplooiing van die privaat sekerheids-firma Gubis85 Solutions gestaak nadat hy e-posboodskappe ontvang het waarin sekerheidsdienste sonder sy goedkeuring gemagtig is om infrastruktuur te bewaak:
Phiri onthul doelbewuste beskadiging van waterinfrastruktuur in Tshwane [KLANK]
ENG-PhiriOnVandalism