# President Cyril Ramaphosa sê die voormalige KwaZulu-Natalse regterpresident, Achmat Jappie, was lank reeds ‘n voorstander van geregtigheid in Suid-Afrika, deur sy ryk bydraes tot die regspraak. Hy is gister oorlede. Jappie is in 1998 op die regbank aangestel en was adjunk-regterpresident voordat hy van 2015 tot sy aftrede in 2021 hoof van KwaZulu-Natal se howe geword het. Ramaphosa sê regter Jappie het gedurende sy 28 jaar as regter die oppergesag van die reg verskans en verseker dat die wet die belange en waardigheid van diegene wat verligting verdien, beskerm.
Ramaphosa bring hulde aan oud-KZN regter-president Achmat Jappie