Skip to content

AfriForum verwelkom hofbeslissing wat bindende magte van Menseregtekommissie beperk [KLANK]

# AfriForum sê ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof versterk die skeiding van magte en beperk die invloed van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. Die Hof het eenparig beslis die kommissie kan nie bindende riglyne uitreik nie en dat sy bevindinge slegs afdwingbaar is indien dit ‘n bevel van die hof gemaak word. Die saak spruit voort uit ‘n dispuut oor toegang tot boorgatwater op ‘n plaas in Mpumalanga. Louis Boshoff van AfriForum het die beslissing verwelkom as ‘n belangrike presedent vir toekomstige sake:

AFR BoshoffOnRuling