Skip to content

Minister Aucamp vra aksiegedrewe en voldoende befondsing om klimaatkrisis aan te pak

# Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, het ‘n aksiegedrewe en voldoende befondsde aanpassings- en versagtingsagenda versoek om ontwikkelende ekonomieë te help om die klimaatkrisis aan te pak. Hy het deelgeneem aan die 17de Petersberg-klimaatdialoog wat vandag in Berlyn, Duitsland, eindig. Die bespreking het gefokus op beslissende stappe om die klimaatkrisis aan te pak en vertroue in multi-laterale klimaatonderhandelings te herbou. Aucamp sê dis belangrik om billike oplossings te bevorder wat aangepas is vir die spesifieke uitdagings van ontwikkelende lande en die verbetering van wêreldwye samewerking.