# Premier Alan Winde en die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, verwelkom tekens van bestendigheid in die Wes-Kaap se bek-en-klouseer-uitbreking, met geen nuwe bevestigde gevalle sedert 22 Maart nie. Inenting is steeds sentraal tot die provinsie se beheerstrategie, met meer as 161-duisend dosisse wat op 730 plekke toegedien is. Owerhede sê toesig, bewegingsbeheer en naspeurbaarheids-maatreëls bly van krag. Winde sê ‘n bykomende 50-duisend entstofdosisse word ontplooi, en waarsku dat volgehoue waaksaamheid nodig is om verdere verspreiding te voorkom.
Winde, Meyer verwelkom tekens van bestendigheid in uitbreking van bek- en klouseer in die Wes-Kaap