# Die Brandstofnywerheidsvereniging van Suid-Afrika sê die land is besig om brandstofinvoere weg van die Golf te verskuif weens die ontwrigting in die Seestraat van Hormoes. Die skeepskanaal dra sowat ‘n vyfde van die wêreld se olievervoer. Die vereniging se uitvoerende hoof, Avhapfani Tshifularo, sê die plaaslike brandstofnywerheid het gekoördineerde, korttermyn beveiligingsmaatreels vir olievoorsiening ingestel wat fokus op afwisseling en voorraadbestuur. Dit sluit in streng daaglikse voorraadmonitering en skeepsbewegings, en vermeerdering van verskepings uit bronne in Wes-Afrika, die Atlantiese Kom en Asië.
Suid-Afrika wissel sy brandstofinvoere af te midde van ontwrigtings in die Seestraat van Hormoes