# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het 27 eksterne tegniese raadgewers aangestel om die departement te ondersteun. Dit is om ‘n doeltreffende en vinniger omkeertyd te verseker vir hoë-volume aansoeke wat deur die Registrateur van die Wet op Kunsmis, Veevoer, Landboumiddels en Veemiddels ontvang word. Steenhuisen sê die departement is verantwoordelik om toesig te hou dat landbou-insette soos kunsmis, dierevoer, plaagdoders, veemiddels en landboumiddels doeltreffend is en geringe gevaar inhou vir mense se gesondheid en die omgewing voordat dit in Suid-Afrika ingevoer, verkoop of gebruik kan word.
Minister Steenhuisen stel eksterne raadgewers aan om landbouregistrasies te bespoedig