# Die Wes-Kaap het ‘n bykomende 50-duisend entstofdosisse ontvang om die voortdurende bek-en-klouseer-uitbreking te bestry. Sedert die begin van die inentingspoging is meer as 155-duisend dosisse by 629 terreine toegedien, ondersteun deur 29 privaat veeartse. Premier Alan Winde sê die jongste besending sal die poging om die provinsie se hele kudde in te ent, verder versterk en is van uiterste belang om die ekonomie te beskerm. Die LUR van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê hulle stel steeds die versterking van stelsels wat dierebeweging monitor en bestuur, eerste.
Wes-Kaap ontvang ‘n bykomende 50 000 bek-en-klouseer-entstofdosisse