# Die Ndimande-broers, Siyabonga en Malusi, het hul borgtog-aansoek teruggetrek in die moordsaak van Kiernan “AKA” Forbes en sy vriend Tebello “Tibs” Motsoane. Hulle het vandag weer in die Landdroshof in Durban verskyn, waar die saak tot volgende Vrydag uitgestel is. Die broers is onder sewe beskuldigdes wat verbind word met die moorde voor ‘n Durbanse restaurant in 2023. Hulle is in November ná ‘n langdurige regsgeding uitgelewer uit Eswatini, en die saak beweeg nou nader aan ‘n verhoordatum.
Ndimande-broers laat vaar borgtogaansoek in AKA-moordsaak